"Hi Reinhard

My dogter Hanneke Kruger het by julle opleiding gekry om 'n "scooter" lisensie sowel as 'n motor lisensie te kry.

Sy moes welliswaar 2 keer vir beide gaan maar hierdie keer was dit nie "third time lucky" nie, maar tweede keer vir albei reg.

Ons het reeds die "scooter" lisensie gaan haal en dadelik aansoek gedoen vir die motor lisensie.

Baie dankie vir jou en jou opleidings-instrukteurs se toegewyde en geduldige onderrig en werk met ons kinders.

Dit het nou wel baie gekos, "wat is vandag vernier", maar die professionaliteit en eerlikheid en stiptelikheid, was 'n riem onder die hart.

Ook by Drie-riviere was almal se diens vinnig en flink en op tyd en ja regtig bedagsaam!

Aan jou en jou span, nogmaals baie baie dankie, en mag ons Hemelse Vader julle baie belangrike werk seën, om goed opgeleide en toegeruste bestuurders op te lei.

 

Groete

GS (Gerrit) Kruger"